Wednesday, April 18, 2007

WERDALIED

Woorde: C.J. LANGENHOVEN
Musiek: M.L. DE VILLIERS,
1921

Pas op, dis ons wat brandwag staan, dis Jong Suid-Afrika,
met oog en oor wat niks ontgaan--praat gou en reg: Werda?
Ons ken vir jou, o vriend wat kom, en ons, o vyand, jou.
Wat ons bewaak is heiligdom: Ons weet en waak getrou.

Ons hoor die grafstem uit die nag--o ouer, slaap gerus,
ons sien die voorlig van die dag--lag kindjie, werda sus!
Verlede, hede, toekoms vra: "Wie's daar wat waak? Werda?"
Dis ons wat waak, dis werda, ja oor jou, Suid-Afrika.

VRYHEIDSLIED

Woorde: JAN F.E. CELLIERSMusiek:
EMIEL HULLEBROECK

Vrome vad're fier en groot!
Deur vervolging, ramp en nood,
was hul leuse, tot die dood:
Vryheid! Vryheid!

Erfnis van hul moed en trou
is die grond waar ons op bou.
Juigend tot die hemelblou:
Vryheid! Vryheid!

Ere wie die dood mag lei
om te rus aan hulle sy,
met die sterwenswoord te skei:
Vryheid! Vryheid!
Op dan, broers en druk hul spoor,
voorwaarts, broers, die vaandel voor,
laat die veld ons krygsroep hoor
:Vryheid! Vryheid!
Woes geweld mag hoogty hou
,kettings mag ons lede knou,
maar die leuse bly ons trou:
Vryheid! Vryheid!

Jukke mag vir slawe wees,
manneharte ken geen vrees,
duld geen boei vir lyf of gees:
Vryheid! Vryheid!

KOM SING MET MY 'N BURGERLIED

Woorde: W.H. BOSHOFF
Musiek: P.J. LEMMER

Kom sing met my 'n burgerlied
wat aan my hartsnaar raak,
en my op eie grondgebied
as staatmaker laat waak
.Vertel my van my eie volk,
tradisie, sede en taal,
wat my gevoel en siel vertolk,
van volksverlee verhaal.
Hou hoog met my die ideaal
"Vir vryheid en vir reg",
waarvoor my pa met bloed betaal,
die Voortrekker moes veg.
Kom leer my eer en lief te hê
my eie land se vlag,
en wie dié reg my durf ontsê
word deur my volk verag.
Kom spoor my aan om
"Koers te hou"
en voorwaarts steeds te trek,
kom help my handhaaf en te bou,
'n nasie trots te wek.Mag,
wanneer ek my kop neerlê,
niks my gewete kwel,
geen nageslag, wat ek mag hê,
vir pligsversuim my skel.

KOM, AFRIKANERS

Woorde: A.D. KEETMusiek: DIRKIE DE VILLIERS

Kom, Afrikaners, sing nou luid en laat jul stemme hoor;
hef aan 'n lied wat oweral ons nasie sal bekoor!
Kom, Afrikaners, sing nou luid en laat jul stemme hoor;
hef aan 'n lied wat oweral ons nasie sal bekoor!

Hef aan 'n lied van heldedaad, van mag teen owermag:
'n nasie wat sy helde eer, sal niemand ooit verag.
Hef aan 'n lied van heldedaad, van mag teen owermag:
'n nasie wat sy helde eer, sal niemand ooit verag.

Sing saggies van jul vroue leed, maar wees op almal trots;
'n nasie wat sy vroue eer, staan vaster as 'n rots.
Sing oor die vrede van die veld, van koppie en van rand:
'n nasie wat sy woonplaas eer, bou nooit op losse sand.

KOMAAN!

Woorde: JAN F.E. CELLIERSMusiek: DIRKIE DE VILLIERS


Wees sterk! Daar's 'n nasie te lei,
daar's 'n stryd te stry, daar's werk!
Daar's nie na guns of eer te kyk,
daar's nie na links of regs te wyk,
daar's net te swyg en aan te stryk
--Komaan! Wees trou!
Daar's 'n volk te leerom homself te eer, te bou;
om God en God alleen te vrees,
aan aard en taal getrou te wees,
gesond en waar van hart en gees
--Komaan! Wees fier op 'n voorgeslag waard,
in wil en in daad gespier!
Hul lewensweg het ons gewysom trou te wees aan waarheidseis.
Wie laak mag laak, wie prys mag prys
--Komaan!

VLAGLIED

Woorde: C.J. LANGENHOVENMusiek: F.J. JOUBERT

Nooit hoef jou kinders wat trou is te vra:
Wat beteken jou vlag dan Suid-Afrika?
Ons weet hy's die seël van ons vryheid en reg
vir naaste en vreemde, vir oorman en kneg;
die pand van ons erf'nis, geslag op geslag,
om te hou vir ons kinders se kinders wat wag;
ons nasie se grondbrief van eiendomsland,
uitgegee op gesag van die Hoogste se hand.
Oor ons hoof sal ons hys, in ons hart sal ons dra,
die vlag van ons eie Suid-Afrika.